Gigaba vra verskoning oor seks video

Die Minister van Binnelandse sake , Malusi Gigaba, het die nasie om verskoning gevra rondom ‘n video met seksuele materiaal wat gelek is.

Hy is glo afgepers rondom die video wat hy gemaak het om aan sy vrou te gee.  Die video is blykbaar gesteel van sy selfoon in 2017.

Dit is nie bekend hoe die video materiaal in die hande van ander gekom het nie, maar op die sosiale netwerk gons dit behoorlik.

Foto – Malusi Gigaba