Germiston, Stutterheim brand

Trein pendelaars, oftewel brandstekers, het twee treinwaens by die Germiston stasie aan die brand gesteek weens die laat skedule van treine die afgelope twee dae.

Nadat die Kaapse spoordiens al verswak het as gevolg van die talle brande van spoorwaens, het dit nou ook na die Transvaal oorgespoel, en die vrees bestaan dat die Germiston die eerste insident van vele in die noordelike deel van die land kan wees.

Die skade beloop meer as R6 miljoen. ‘n Tekort aan water op die stasie het personeel verhinder om die brand betyds te blus.

In Stutterheim in die Oos-Kaap is ook groot skade aangerig nadat betogers die munisipale kantoor en kliniek aan die brand gesteek het, skynbaar omdat hulle ontevrede is met die hoë werkloosheid in die gebied, en bewerings van nepotisme by die stadsraad.

‘n Betoger is gewond nadat die polisie met rubberkoeëls gepoog het om orde te herstel. Een persoon is gewond, en volgend onbevestigde berigte in die hospitaal dood aan sy wonde. Die vrees is dat dit die inwoners tot verdere gewelddadige protes kan aanspoor, en dat die polisie uit vrees vir vervolging, nog minder gaan doen om die gewelddadige betogings te stop.