Gejuig tydens Anti-May toespraak

Die tirade van die Britse parlementslid, Boris Johnson teen die Brexit-plan van die eerste minister, Theresa May, het ’n groot gejuig ontlok van die Konserwatiewe Party se toehoorders tydens ’n party konferensie.

Verskeie parlementslede het hulle met handgebare en uitroepe vereenselwig met Johnson se siening dat die voorstelle van die premier “gevaarlik is” vir die land se ekonomie en sy inwoners.

Hy noem die voorstelle een “reuse skandaal” vir die land en reken dit is ’n politieke verandering, en een van die toehoorders skree “Dit is wat ons wil hoor”.

Meer as 700 afgevaardigdes was teenwoordig by die Konserwatiewe Party se konferensie wat hoofsaaklik gehandel het oor die moontlikhede van Brexit, maar waarnemers meen die afgevaardigdes was diep verdeeld oor die rigting wat gevolg moet word.

Die sogenaamde Chequers-voorstel van die eerste minister is nie vir almal aanvaarbaar nie, en menige glo dit is ’n negatiewe benadering tot nadeel van Brittanje om die voorstel deur te voer by die Europese Unie.

Politieke ontleders meen die moontlikheid bestaan dat die voormalige minister van buitelandse sake die nuwe premier van Brittanje kan word as die negatiewe gesindheid teen Teresa May verder toeneem.

Foto – Boris Johnson