Franse hulp vir beskadigde skepe misluk

Die eerste poging van Frankryk om die twee vragskepe wat in die Middellandse See gebots het, van mekaar los te maak, het misluk.

Die botsing tussen die twee skepe het gelei tot die besoedeling met brandstof wat uit die een tenk van ’n skip gelek het, strek oor ’n gebid van meer as 25 kilometer.

Omgewingsbewustes vrees dat die besoedeling die kus kan bereik as dit nie betyds aandag kry nie, en ’n beroep is gedoen op Frankryk om daarmee behulpsaam te wees.

Om die twee skepe van mekaar los te kry verg waarskynlik ’n veel groter operasie as wat Frankryk met sy eerste poging probeer het.

Meer deskundiges, diepsee duikers, en skeepvaart ingenieurs is nodig om oplossings te vind vir die losmaak van die twee skepe van mekaar wat nou reeds dae lank hulpeloos in die see gestrand is.

Die Tunisiese vragskip het ’n week gelede teen ’n vragskip van Ciprus gebots in die Middellandse See, sowat 30 kilometer van die eiland Ciprus se kus.