Facebook: Krakers breek deur op miljoene gebruikers

Kuberkrakers kon daarin slaag om in te breek op die sosiale netwerk van Facebook en die persoonlike gegewens van sowat 29 miljoen gebruikers te bekom.

Facebook hoofde het aanvanklik gedink dat die krakers deurgebreek het tot die gegewens van 50 miljoen rekeninge, maar het later ontdek dat dit aansienlik minder is.

Die deurbraak wat krakers vermag het, bevestig weereens die gevaar om deel van Facebook te wees as verbruiker, veral as mense nie uiters versigtig is mt die plasing van persoonlike besonderhede nie.

Facebook het besluit om alle verbruikers wie se besonderhede deur die krakers bekom is, aan hulle bekend te maak, maar waarnemers sê die onderneming wat vroeër gegee is om die name van verbruikers te beveilig, is nie bewaarheid nie.

Vroeer vanjaar het Facebook onder groot druk geswig en moes erken dat gegewens van 87 miljoen gebruikers deur kuberkrakers bekom is.

Kenners meen dit is nou voldoende bewys dat Facebook ’n gevaar vir gebruikers inhou aangesien die netwerk nie daarin kan slaag om sy gebruikers se besonderhede te beskerm nie.