Eskom se swart probleem

10 van Eskom se 15 kragstasies het minder as drie weke se (swart) steenkool voorraad.

Volgens ‘n woordvoerder Khulu Phasiwe is voorraad laag weens die feit dat voorraad nie vinnig genoeg vervang kan word nie. Die skuld word nou op Tegeta Exploration geplaas wat nie hul kontraktuele verpligtinge kan nakom nie omdat hulle onder sakeredding geplaas is. Tegeta word verbind aan die Gupta se Oakbay Investments.

Nuwe kontrakte word tans gesluit om steenkool te bekom.

Daar word nou bespiegel of daar weer ‘n beurtkrag-krisis op hande is. Die ander vraag is of Eskom self die krisis skep om so hul aansoek om hoër tariewe te ondersteun. Heel moontlik is dit maar net weer en nog ‘n manier om die verbruiker se geld te melk en te vermors, glo ontleders.