Elf departemente en entiteite mis afsny datum

Elf departemente en staatsentiteite het nie hul jaarlikse verslae ingedien by die parlement nie.

Ko-operatiewe Regering, die Regerings pensioenfonds, Denel, SAL, SA Express, die Nasionale Energie Reguleerder van SA (Nersa), Departement van Energie,  Nasionale Lotery, Departement van Gesondheid, Minerale Sake, Sosiale Ontwikkeling en Korrektiewe Dienste is van die departemente wie se verslae uitstaande is.

Dus kan die parlement, as hul bevoeg is daartoe, nie die entiteite se sake nagaan en bepaal of daar probleme is nie.