E-Toll nog nie geskrap

Die Gauteng regering het aangekondig dat dit nie binne hulle mag is om die mislukte E-Toll stelsel te skrap nie aangesien dit ‘n projek is van die nasionale regering.

Meer as 15 000 motoriste is gedagvaar vir uitstaande E-toll gelde aldus Blade Nzimande.

Daar is reeds in Julie deur die ANC in Gauteng erken dat die stelsel misluk het en dit berus nou by Cyril Ramaphosa  en David Makhura om die probleem uit te sorteer.