Duisende wou hoor wat premier sê

Opposisiepartye is erg bekommerd nadat vasgestel is dat die nasionalistiese Eerste Minister, Viktor Orban, ’n massa byeenkoms van ondersteuners gaan toespreek oor die optrede van die Europese Unie.

Die byeenkoms word gehou om die Hongaarse Revolusie van 1956 ten Russiese oorheersing te gedenk wat ’n amptelike vakansiedag in die land is.

Die premier se gewildheid het in die afgelope maande skerp toegeneem, en van di mees geharde teenstanders het besluit om die premier te steun wat nie huiwer om die Hongaarse volk eerste te stel ni.

Die opponente beskuldig die premier daarvan dat hy teen die optrede van die U gekant is, maar wl toelaat dat mense na die vergadering mag gaan in busse wat deur die EU gefinansier is.

Die regering se woordvoerder het egter gesê enige persoon kan die bussies gebruik as hulle die huur daarvan betaal.

Premier Orban is bekend daarvoor dat hy sterk gekant is teen sekere optrede van die EU, en het die toelating van onwettige immigrante gestop wat na Hongarye wou gaan as sogenaamde asielsoekers uit Afrika.

Tientalle busse het ondersteuners na Boedapest vervoer om die groot feesgeleentheid by te woon, en en van die burgemeesters het gesê dit is ’n natuurlike handeling om die busse te gebruik wat volksgenote teen vergoeding vervoer na en van die land se belangrikste herdenkings geleenthede.

Foto – Premier Viktor Orban