Drie belangrike verkiesings in Europa

Drie lande het die afgelope naweek verkiesings gehou, waarvan die algemene verkiesing in die staat Luxemburg waarskynlik die meeste aandag trek.

Die kiesers moet 60 afgevaardigdes kies vir die nasionale parlement en die eerste minister, Xavier Bettel, se gewildheid is getoets toe 256 000 kiesers die naweek na die stembus gegaan het.

’n Politieke party of alliansie partye regeer wanneer hulle 31 setels verower en dan ’n regering kan saamstel

Premier Xavier Bettel se gewildheid het aansienlik gedaal weens sy ekonomiese beleid en sy Demokratiese Party se alliansie partye het ook al meer in onguns verval.

In die Duitse deelstaat Bavaria het kiesers ook die naweek na die stembus gegaan, en met die meningspeiling dat die Christen Sosiale Unie (CSU) se dalend ondersteuning is bespiegel dat die party sy meerderheid in die deelstaat kan verloor.

Die vrees het bestaan dat die CSU sy meerderheid kan verloor, wat dan ook gebeur het en die uitslag toon dat hy net minder as 38% steun gekry het terwyl die Groenes sterk gegroei het en 17% steun het.

Die nasionalistiese Alternatief vir Duitsland (AFD) het byna 11% van die stemme getrek wat ’n geringe groei is tenoor die vorige verkiesing.

In Vlaandere het kiesers na die stembusse gestroom en was daar selfs sprake dat die regerende Nuwe Vlaamse Alliansie sy beheer kan verloor, maar alhoewel hy aansienlik steun verloor het, bly die Alliansie in beheer.

Die nasionalistiese Vlaams Belang se groei het die linkse partye bekommerd gemaak, veral omdat die Groenes nie so goed gegroei het as wat algemeen verwag is nie.