Dodetal styg met George brande

 

Agt persone is tot dusvêr dood in die verwoestende brande wat in die George omgewing woed en waarskynlik nog weke sal duur.

Die sterftes het in die Karatara omgewing plaasgevind . 

Die Outeniqua pas is steeds gesluit en die inwoners van George gaan gebuk onder die massa rook en as wat die dorp oorval.

Alhoewel brandpaaie in die woude gemaak is wat verhoed dat die vuur vinniger versprei, is groot dle reeds vernietig en word twee helikopters en ’n ligte vliegtuig gebruik om brandbestryders by te staan.