Direkteur pleit skuldig

Die omstrede direkteur-generaal van openbare betrekkinge, Richard Seleke (foto), het ‘n ooreenkoms bereik met die presidensie en bedank.

Seleke word verbind met verskeie skaduagtige ooreenkomste met die Gupta broers.

Hy is geruime tyd reeds op betaalde verlof nadat daar bevind is dat hy vertroulike inligting gelek het aan die broers.

OUTA het intussen aangekondig dat hul Seleke by die polisie gaan aankla op klagtes van korrupsie.

Die “ooreenkoms” se besonderhede is nie bekend nie maar sal seker ‘n goue handdruk behels met latere ontplooiing in ‘n ander departement.