Deur my lens

“Daar is nie plaasmoorde in Suid-Afrika nie, en daar is nie grond besettings nie”, sê Suid-Afrika se president, Cyril Ramaphosa.

Wat die erge leuen nog erger maak, is dat die land se president die leuen kwytraak voor die wêreld se voorste leiers in die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering.

So ’n leuenaar versien nie die respek van die landbouers of die kiesers van die land nie, en is ’n growwe leuen wat eintlik strafbaar behoort te wees.

Ek dink so ’n leuenaar, wat die sowat 62 moorde op plase weg lieg in die VN vergadering, behoort nie die amp as president van die land te beklee nie, en kan eerder vervolg word vir sy optrede.

Ek is oortuig daarvan dat die man ’n swakker president is as enige van die voriges presidente wat sedert 1994 probeer het om die land te regeer.

Die een het swakker as sy voorganger regeer, en hierdie president is ’n infame leuenaar wat geen respek van iemand verdien nie.

Klein Knapie