DA burgemeester gearresteer

Die burgemeester van Midvaal, Bongani Baloyi,  en ‘n lid van die publiek is die naweek suid van Johannesburg gearresteer.

Beide het klagtes van aanranding teen die ander gelê.

Die DA en die ANC het teenstrydige weergawes van die voorval aan die pers beskikbaar gestel waarin die een die ander beskuldig van aanranding.