Cyril “het geweet” van VBS plundering

Dit blyk nou dat Cyril Ramaphosa reeds vroeg in 2017 gewaarsku is deur ‘n aandeelhouer van VBS Mutual bank van die grootskaalse plundering wat besig was om plaas te vind.  Hy het glo belowe om iets aan die saak te doen.

Verdere toesmeer moes plaasgevind het aangesien die Reserwebank en die Finansiële Dienste Raad  in Junie 2016 gewaarsku is oor ongerymdhede.

Die afgelope naweek het Ramaphosa ‘n oproep gedoen dat daar streng opgetree moet word teen diegene wat betrokke was by die bank se stroping. Daar word nou egter gevra of hy verantwoording gaan doen vir sy versuim om op te tree?

Die Vryburger vra reeds lankal hoe kan iemand tweede in bevel wees en nie weet van staatskaping, bedrog en geldwassery nie.