CSU vaar swak in Bavaria verkiesing

Dit waarvoor die Bondskanselier, Angela Merkel, gevrees het, is nou bewaarheid in die verkiesing van die deelstaat Bavaria toe haar getroue vennoot, die Christen Sosiale Unie (CSU) slegs 37,3% van die stemme gekry het en daarmee hulle volstrekte meerderheid verloor het.

Die swak vertoning bring me. dat die CSU met sy swakste vertoning sedert 1962, nou verplig word om ’n koalisieregering vir die deelstaat saam te stel.

Die party het die afgelope maande probeer om steun te behou deur ietwat na regs te beweeg en die immigrasie beleid aan te pas, maar dit het nie die kiesers beïndruk nie en die groei van die linkse Groen party het getoon dat Bavaria aan die verander is.

Die Groenes het byna 18% steun gekry, en die nasionaliste net minder as 11%, wat beteken dat die AfD nou die derde grootste party in Bavaria is.

Die AfD het vanjaar vir die eerste keer in Bavaria deelgeneem aan ’n verkiesing en sy vinnige groei het ’n skokgolf deur Duitsland gestuur, veral omdat die party nou ook sitting kry in die Bavaria parlement.

Di regerende party word nou gedwing om ’n koalisie te vorm, en die onderhandelinge sal waarskynlik in die volgende weke wees, maar die uitkoms daarvan bly ontstellende nuus vir kanselier Merkel ’n haar Christen Demokratiese Unie.

Merkel moet ook ’n komende kongres van haar party trotseer waartydens ’n voorsitter van die CDU verkies moet word, en die vermoede bestaan dat sy sterk teenkanting gaan kry.

Die CSU het die politiek in Bavaria gedomineer gedurende die afgelope 60 jaar, en was nooit in ’n koalisieregering nie, maar met Merkel se omstrede beleid oor immigrante en EU lidmaatskap, het haar getroue vennoot, net soos die Sosialiste van Bavaria, swaar verliese gelei.

Foto – Kanselier Angela Merkel