Brief bomme aan Wit Huis, Obama en Clinton

Pakkies wat as brief bomme beskryf word, is by die Wit Huis in Amerika gevind en een elk is ook onderskep wat aan oud president Clinton se huis gestuur is asook aan die voormalige president, Barack Obama.

Al di pakkies is beskryf as plofstof gelaaide briewe wat selfs die dood kan veroorsaak as dit oopgemaak sou word.

Klaarblyklik is die bomme per pos aan die verskillende woonhuise gestuur wat deur di FBI onderskep is nadat dit uiters verdag voorgekom het.

Aanvanklik is vermoed dat die bomme aan oud presidente van die Demokratiese Party gestuur is, maar later is gevind dat ’n soortgelyke pakkie ook aan die Wit Huis gestuur is.

Later moes die linkse CNN sy kantoor ontruim toe ’n verdagte pakkie ook daar deur die pos afgelewer is, en die pakkie het klaarblyklik gelyk soos die een wat vroeër aan die miljardêr, George Soros gestuur was.