Brexit ooreenkoms nie finaal

Die ooreenkoms tussen die Europese Unie en die Verenigde Koninkryk is nog nie finaal bereik nie en die onderhandelings het nie so goed verloop as wat die EU gehoop het nie.

Die Britse eerste minister, Theresa May, het geweier om skiet te gee en haar voorstelle te wysig, te midde van hewige kritiek deur sommige parlementslede van die Konserwatiewe Party.

Die onderhandelinge tussen Brittanje se Brexit sekretaris, Dominic Raab en die EU se Michel Barnier wat die afgelope naweek plaasgevind het, was gefokus op die krisis rondom die Noord Ierland grens met die Republiek van Ierland.

Die poging van minister Raab was daarop gemik om ’n konsep ooreenkoms aan die Britse premier voor te lê, maar die twee onderhandelaars het glo te veel aspekte gehad waaroor hulle nie kon eenstemmigheid kry nie.

Aanvanklik is gehoop op ’n ooreenkoms wat Woensdag gefinaliseer sou word, maar dit het nou vervaag en EU leiers was verplig om weer saam raad te hou ten einde die krisis te bespreek.

Indien ’n ooreenkoms bereik word, sal die uittrede van die Verenigde Koninkryk die eerste bedanking wees, en verloor die EU een van sy grootste deelnemende lidlande.

Die Europese Unie is bekommerd dat geen ooreenkoms bereik gaan word wat uiters nadelig vir Europa sal wees, en sal waarskynlik bereid wees om die onwrikbare premier May se voorstel te aanvaar.

Die Britse premier het herhaaldelik gesê dat geen ooreenkoms beter is as ’n slegte ooreenkoms, en staan sy by haar voorstel soos dit aanvanklik geformuleer is.

Foto – Premier Theresa May