Brasilië se nasionalistiese kandidaat presteer

Die nasionalis, Jair Bolsonaro, is Brasilië se voorloper in die presidentsverkiesing  nadat dit bekend geword het dat die landbouers hulle steun aan hom gee,

Bolsonaro het in die afskop rondte van die verkiesing ’n gemaklike voorsprong gehad, en het sy voorsprong verder vergroot in die eerste rondte van die verkiesing.

Hy het die invloedryke landbou struktuur se steun verkry en daarmee sy voorsprong aansienlik vergroot, wat die vermoede laat ontstaan dat hy die presidentsverkiesing gaan wen.

Met die verkiesing op 28 Oktober, sal dit vir sy opponente al moeiliker word om op hierdie laat stadium genoeg steun te werf om hom in die skadu te stel.

Die vêr-linkse Fernando Haddad is die kandidaat wat tweede is, en sal waarskynlik met ander kandidate ooreenkoms probeer kry om in die verkiesing hulle steun aan hom te gee.

Bolsonaro het 32% van die steun teenoor die linkse Haddad se 21%, maar hoe die ander kandidate se kiesers sal stem op 28 Oktober, sal die tyd uitwys.

Indien geeneen van die kandidate met die volgende rondte ’n volstrekte meerderheid behaal nie, sal nog ’n rondte gehou moet word.

Kenners meen dat Sondag se stemming ’n sterk aanduiding saal wees van wie die kiesers in die finale stemming sal kies.

Foto – Jair Bolsonaro