Brasilië protesteer teen presidentskandidaat

Die presidentsverkiesing van Oktober is om die draai, en nou is kiesers van Brasilië in verset teen een van die presidentskandidate, Jair Bolsonaro, wat volgens peilings die voorloper is.

Derduisende kiesers het die naweek die strate in gevaar wat onder leiding van vroue hulle teenkanting teen die voorloper wou betoon.

Honderde baniere waarop geskryf is “nie hy” het gewapper in dosyne van Brasilie se groot stede waarvan die grootste optog in Rio de Janeiro en in Sao Paulo was.

Brasilië is na aan die finale rondte van 7 Oktober se verkiesing, en dit blyk dat die teenstanders van die voorloper nie veel gaan vermag om te voorkom dat hy as nuwe president aangewys word nie.

Veral die vroulike kiesers is sterk gekant teen Jair Bolsonaro se kandidatuur en peilings toon dat hy 28% steun het, en hy is van al die kandidate die een waarteen kiesers die meeste gekant is.

Met sy rekord van sterk standpunte teen misdadigers en ’n skoon rekord van geen korrupsie in sy politieke loopbaan, is daar miljoene kiesers wat ten gunste van hom is as die nuwe president.

Brasilië gaan gebuk onder erge korrupsie, en die finansiële stand wat steeds ’n dalende tendens toon, is van die redes waarom ’n eerbare persoon nou as president verkies moet word.