Brasilië polisie ondersoek valse inligting

Die Federale polisie van Brasilië het ’n ondersoek begin oor ’n disinformasie op die sosiale netwerk en op selfone met boodskappe wat vals inligting is rakende die presidentsverkiesing.

Die ondersoek is gemik teen die nasionalistiese presidentskandidaat wat tans gemaklik  voor is in die wedloop, maar kan ook elemente van vals inligting bevat wat deur sy opponent geïnisieer is.

Jair Bolsonaro, die nasionalistiese presidentskandidaat is in ’n wedloop gewikkel teen die linkse Fernando Haddad, en beide maak glo gebruik van die jongste kommunikasie metodes soos die sosiale media en die sogenaamde “whatsApp”.

Die polisie wil ’n intensiewe ondersoek doen na vals inligting wat deur die stelsels versprei word op die vooraand van die finale rondte van die verkiesing om ’n nuwe president aan te wys.

Bolsonaro het gesê hy kan nie verantwoordelik gehou word vir enige vals inligting wat deur sy ondersteuners gebruik word nie, maar keur sulke optrede ten sterkste af.