Brasilië kry nasionalistiese president

Die afgelope naweek het die kiesers van Brasilië geleentheid gekry om ’n nuwe president te kies, maar die keuse van ’n nasionalistiese kandidaat teenoor ’n vêr-linkse sosialisties.

Alhoewel dit reeds tydens die verkiesingsveldtog duidelik geword het dat die nasionalistiese Jair Bolsonaro (63) van meet af die voortou geneem het, was daar aan die einde van die veldtog ’n sprong van die linkse Fernando Haddad wat die verkiesing tot ’n spanningsvolle einde geneem het.

Jair Bolsonaro, ’n voormalige weermag offisier en uitgesproke nasionalis wat sterk gekant is teen die erge korrupsie en dwelmsmokkelary in die land, het uiteindelik geseëvier met ’n klinkende oorwinning.

Baie kiesers het geweier om aan die verkiesing deel te neem, en die geweld wat telkens losgebars het, het baie afgeskrik en laat wegbly uit vrees dat hulle gewelddadig aangerand kan word.

Die nuwe president het tydens die verkiesingsveldtog die Trump patroon gevolg en daarmee duisende kiesers weggeswaai van die linkse vakbond aanhangers.

Bolsonaro het ’n gemaklike oorwinning behaal met 56% van die stemme terwyl sy sosialistiese teenstander 44% getrek het.

Foto – Jair Bolsonaro