Bosnië tree op teen immigrante

Die polisie in die Balkanstaat Bosnië het sterk opgetree toe onwettige immigrante deur die land se gebied wou beweeg na die buurland Kroasië, wat ’n lid van die Europese Unie is.

Die onwettige immigrante wat met slagspreuke van “Open grense” beweeg ht, kom to in botsing met die polisie wat gewaarsku het dat hardhandig opgetree sal word indien die landswette oortree word.

Die polisie moes egter versterkings aanvra nadat di onwettige immigrante deur die polisie kordon gebars het, maar is deur ’n tweed groep polisie gestuit en in hegtenis geneem.

 ’n Paar duisend onwettige immigrante word in ’n verlate deel van die land gehuisves ingevolge die EU regulasies, maar die polisie sê hulle het opdrag om te keer dat die mense oor die grens na Kroasië beweeg.