Boeing stort neer in Indonesië

 

In Indonesië het ’n Boeing 737 tydens ’n nagvlug neergestort met 188 mense aan boord wat volgens die eerste berigte, almal omgekom het.

Die vliegtuig van Lion Air was onderweg van die hoofstas Jakarta met bestemming Pangkal Pinang op die eiland Bangka, en volgens die Indonesiese Minister van Vervoer het al die mense aan boord omgekom.

Van die 181 passasiers was drie kinders en die res was bemanning, maar weinig bykomende inligting is beskikbaar.

Die owerheid het bevestig dat die vliegtuig dertien minute nadat dit van die lughawe in Jakarta opgestyg het, van die radarskerm verdwyn

Wrakstukke van die vliegtuig le verstrooi oor ’n wye gebied van sowat 25 kilometer weg van ’n vliegveld en ondersoekers het ’n soektog bgin om die “swart kassie” te vind wat moontlike verklarings kan gee vir die oorsaak van die gruwelike ongeluk.