ANC koppe kan rol oor VBS

Seniors in minstens 15 verskillende munisipaliteite se koppe kan rol nadat bekendgemaak is dat hulle teen die besluite van die regering, groot bedrae geld belê het by die omstrede VBS Mutual Bank.

Die toekoms van die ANC se grootkoppe op munisipale gebied wat onregmatig geld by die bankrot bank belê het, is nou in die hande van die ANC se Uitvoerende Komitee.

Die Komitee sal glo Vrydag besluit wat met die oortreders gedoen sal word, maar politieke waarnemers is van oordeel dat die probleem “liggies en sagkens” hanteer sal word.

Van die Komitee lede is glo van mening dat die oortreders gestraf moet word deur hulle sekere regte te ontneem omdat hulle die ANC se integriteit benadeel het.

Dit beteken dat so ’n stap die insette en aanbevelings van die Integriteit Komitee moet oorweeg en toepas om die party te beskerm.

Die 15 munisipaliteite wat in Wes Transvaal, Sentraal Transvaal en Noord Transvaal geleë is, het volgens inligting, ook nie ’n goeie finansiële rekord nie, wat tot verdere komplikasies vir die ANC kan lei.