Amerikaners stoei oor regter kandidaatskap

Die poging van die Demokratiese Party in Amerika om ’n regter van sy nuwe aanstelling te probeer kelder, het aanvanklik misluk nadat die bedenklike verklaring van die Ford vrou met kragtige argumente teengestaan is.

Regter Bret Kavanaugh het fel gereageer op die aantyging dat hy die Ford vrou 36 jaar gelede seksueel aangerand het, maar die beskuldiging wat teen hom ingebring is, word nou deur die FBI ondersoek.

Kavanaugh het in sy verweer gesê dit is ’n skande dat sy so ’n beskuldiging kan maak, maar dit sal hom nie laat besluit om sy kandidatuur terug te trek nie.

Die Republikeinse senator, Lindsey Graham, het later gesê die Demokrate moet versigtig wees met hulle beskuldigings, want as dit die nuwe norm is om mense uit hulle amp te prober hou, sal dieselfde norm in die toekoms vir hulle geld.

Bret Kavanaugh is deur president Trump voorgestel as regter van die hooggeregshof in Amerika,

“Ek is onskuldig. Ek het nooit seksuele geweld gebruik teen enig iemand nie”, het Kavanaugh met oortuiging gesê.

Later het die media erken dat die regter ’n sterk standpunt ingeneem het en hoegenaamd nie opgetree het soos iemand wat iets wegsteek nie.

Dr. Christine Blasey Ford het Kavanaugh van seksuele aanranding beskuldig wat glo in 1982 plaasgevind het, maar sy kon nie ’n oortuigende rede aanvoer waarom sy na 36 jaar die klagte opper nie.

Selfs van die Demokrate het getwyfel oor die beskuldiging en wou telkens weet waarom sy 36 jaar gewag het voor sy die voorval opper, en waarom sy nooit die FBI s hulp ingeroep het om die saak te ondersoek nie.

Regter Brett Kavanaugh het reguit, eerlik en sonder doekies omdraai gesê hy was nog nooit so onder die invloed van drank dat hy nie geweet het wat hy doen nie, en het nog nooit enige persoon seksueel aangerand nie.

Hy sê hy is reeds 12 jaar ’n regter, maar die karaktermoord wat nou toegelaat word, sal nog lank oor hom hang ten spyte van sy onskuld.

Kavanaugh het bygevoeg dat hy nog altyd ’n optimis was, maar dat Ford se optrede vir hom nou ’n donker toekoms skilder.

“Ek is 12 jaar ’n regter, en dit is 12 jaar van ’n smetlose rekord wat nou deur een persoon besoedel is”, het hy gesê.

Na afloop van die verrigtinge het president Trump gesê dit is duidelik dat die regter onskuldig is en dat hy sy steun aan hom nie sal onttrek nie.

In ’n stemming deur die die senaatskomitee wat bestaan uit 11 Republikeine en 10 Demokrate, het die Republikeine met 11 stemme teen 8 ten gunste van die regter se aanstelling gestem.

Twee demokrate het verkies om eerder die vergadering te verlaat en nie te stem nie.

Die volle sitting van die Senaat sal die week besluit of die regter aangestel word. Die Republikeine het ’n meerderheid van stemme in die Senaat, en die verwagting is dat  die kandidaat se aanstelling goedgekeur sal word.

Foto – Bret Kavanaugh