Ace en ANCYL in twis

‘n “Oorlog” het tussen  ANC en ANC-Jeugliga ampsdraers uitgebreek.

Aan die spits is glo Ace Magashule se inmenging in ANCYL se komende konferensie.  Die jeugliga se sekretaris-generaal, Njabulo Nzuza, het Magashule beskuldig van politieke inmenging in die liga se sake terwyl die name van ANC segsman Pule Mabe en Roland Lamola ook genoem word.

Dit blyk dat diegene in die ANC wil verseker dat een van hul aanhangers gekies moet word as die nuwe president van die bankrot jeugliga.