Aardbewing en tsoenami tref Indonesië

’n Aardbewing in Indonesië het nie net duisende inwoners met vrees en paniek gevul nie, maar ook groot skade aan geboue en infrastruktuur veroorsaak.

Asof dit nie erg genoeg was nie, het ’n tsoenami van meer as 3 meter hoë golwe die kusgebied getref en huise, motors en toerusting weggevee in twee van die land se kus stede.

Die gewilde Palu toeriste oord  is weggevee en niks het staande gebly nie, en die skade beloop glo miljoene dollar.

Die hewige aardbewing wat 7,5 op die Richterskaal geregistreer het, het hoofsaaklik die Indonesies eiland, Sulawes, die swaarste getref waar minstens 900 mense die lewe gelaat het.

Noodhulp werkers vind dit moeilik om reddingswerk te doen weens die skade aan paaie en brûe, terwyl groot gebiede ook sonder krag en water is en baie mense steeds vermis word wat die vermoede versterk dat die dodetal verder kan styg.

Die meer as 600 000 mense wat in Palu en Donggala woon, benodig dringende hulp nadat honderde woonhuise ineen gestort het en baie sonder huisvesting is.