Wêreld Nuusflitse – 27 September

VSA

Die Amerikaanse FBI het ’n Sjinese burger vasgetrek wat vir die Sjinese intelligensiediens wou spioeneer en inligting versamel oor wetenskaplike navorsing en gevorderde ingenieurs werke.

 

Japan

Die eerste minister van Japan, Shinzo Abe, het aangedui dat hy hom bereid verklaar om ’n gesprek te voer met die Noord-Koreaanse Leier, Kim Jong-Un, maar het nie gesê waaroor die gesprek moet handel nie.

 

Europa

Meer as 3 000 passasiers word geraak deur die staking van Ryanair personeel in Europa toe 190 vlugte van Vrydag gekanselleer moes word.