Wêreld Nuusflitse – 24 September

Duitsland

Die polisie in Duitsland het op een dag 3 100 motorbestuurders gevang en beboet omdat hulle bestuur terwyl hulle doenig is met ’n selfoon.

 

Europese Unie

Die Europese Unie sê hy maak hom ook gereed vir ’n “geen ooreenkoms” met die Verenigde Koninkryk nadat die Britse eerste minister, Theresa May, gesê het sy staan by haar voorstel en geen ooreenkoms is beter as ’n swak ooreenkoms vir Brittanje.

 

Frankryk

Die bekende nasionalistiese leier in Frankryk, Marine Le Pen, is deur ’n Franse hof beveel om psigiatriese evaluasie te ondergaan, en kan ook aangekla word dat sy oneerlik was met betalings van die Europese Unie.

 

Tanzanië

Sowat 200 mense het verdrink in die Victoria Meer in Tanzanië toe ’n oorlaaide plesierboot omgeslaan het en slegs 37 mense gered kon word.

 

Viëtnam

Die president van Viëtnam, Tran Dai Quang, het gesterf in die ouderdom van 61 jaar, nadat hy geruime tyd in die militêre hospitaal behandel is vir ’n “ernstige siekte”.