Wêreld Nuusflitse – 19 September

Sjina

Die wêreldberoemde Sinese aktrise, Fan Bingbing, word reeds vir etlike maande vermis, en deskundiges vermoed dat die Kommunistiese Party van Sjina iets daamee te doen het.

 

Frankryk

Minstens 200 000 mense het ’n petisie onderteken ter ondersteuning van ’n Franse busbestuurder wat ’n tiener seun raakgery het, wat dissiplinêre optrede in die gesig staar. Die busbestuurder se kollegas het die petisie opgestel ten einde te voorkom dat hy dissiplinêr verhoor word.

 

Europa

Die Europese bankwese het pas nuwe euro banknote vrygestel waarvan die 100 euro en 200 euro note die mees opvallende is en klaarblyklik so saamgestel is dat vervalsing hoogs onwaarskynlik sal wees.