Wêreld Nuusflitse – 17 September

Europa

Tydens wêreld omgewingsdag het duisende Europeërs ingespring en ’n skoonmaak aksie uitgevoer in die Ryn rivier en sowat 1 000 ton afval goedere uit die beroemde rivier verwyder.

 

Turkye

President Erdogan van Turkye het homself glo aangestel as hoof van die land se gevestigde Welvaart Fonds wat uit $40 miljard bestaan.

 

Venezuela

Die Sjinese regering oorweeg dit om ’n reddingsboei na die sukkelende Venezuela uit te gooi deur nuwe ondernemings te vestig en miljarde dollar beskikbaar te stel om die bykans bankrot land weer op dreef te kry en sodoende ’n greep op die olieryke land te kry.