Wêreld Nuusflitse – 10 September

 

VSA

Die Trump-regering het besluit om sy bydrae tot Palestina se hospitaaldienste op te skort en het die jaarlikse skenking van $25 miljoen gestaak weens die Palestynse optrede teen Amerika nadat besluit is om die ambassade na Jerusalem te verskuif .

 

Masedonië

Die Duitse regering van kanselier Merkel het aangekondig dat hy die besluit van Masedonië verwelkom om ’n referendum te hou oor wat die naam van die staat moet wees.

 

Kosovo

Die samesprekings om ’n ooreenkoms te bereik oor die grens tussen Kosovo en Serwië het klaaglik misluk en dit blyk asof beide lande geen entoesiasme toon om ’n opvolg gesprek met mekaar te voer nie.

 

Swede

Sweedse kiesers het tydens Sondag se algemene verkiesing met reuse plakkate in die strate gestap om hulle teenkanting teen die nasionalistiese kandidaat te toon weens hulle vrese dat die party die verkiesing kan wen.