VSA woedend oor sanksies nie toegepas word

Washington is woedend omdat verskeie lande die Verenigde Nasies se sanksies teen Noord-Korea ignoreer en stilweg handel dryf met die skiereiland en daarmee noodsaaklike middle voorsien.

Die Amerikaanse regering het ’n dringende Verenigde Nasies se Veiligheidsraad vergadering gevra om die onwettige handel met Noord-Korea te bespreek.

Onbevestigde berigte lui dat Noord-Korea steenkool en wapens gebruik terwyl daar verskeie lande is wat ongesiens handel dryf.

Dit blyk dat die Noord-Koreaanse regering van Kim Jong-Un alles moontlik doen om president Donald Trump te maak verstaan dat die skiereiland gretig is om weer gesprek te voer met die VSA se president terwyl die agteraf handel ongemerk voortgaan.

Die VSA se Minister van Buitelandse Sake, Mike Pompeo, gaan so vêr as om te beweer dat Moskou agter die skelm handel sit.

Enkele maande gelede het Amerika ook vir Sjina beskuldig dat hy nie genoeg doen om te voorkom dat handelsware na Noord-Korea versend word nie.