VSA wil onttrek uit handelsorganisasie

Terwyl die wêreld ’n klomp lande het wat die werking van die Wêreld Handels Organisasie wil hoog hou, is president Donald Trump aan die dink of die VSA nie eerder uit di organisasie moet padgee nie.

Die Amerikaanse president sê Amerika is tot hede baie sleg behandel deur die organisasie wat uittrede kan regverdig.

Tydens sy onderhoud met Bloomberg Nuus, se Trump hy dink daaraan om die VSA los te maak uit die organisasie as hulle nie gaan verbeter in hulle optrede tenoor sy land nie.

President Trump het reeds verskeie kere gesê die VSA word onbillik behandel in die wereld se handels ooreenkomste, en het reeds verskeie maatreëls ingestel om die VSA te lei na ’n billike ooreenkoms.

Met sy onwrikbare strewe om die VSA ’n beter staanplek in die wêreld handel te gee, het die president reeds sterk maatreëls ingestel wat wissel tussen nuwe handels ooreenkomste en invoer heffings op baie goedere waarvan heffings op staal en aluminium vir ’n groot opskudding gesorg het.