VSA sal reageer op kuber aanvalle

Die Amerikaanse Wit Huis het in ’n amptelike verklaring die land se toekomstige strategie toegelig teen kuber aanvalle van buite.

Volgens die woordvoerder sal die nuwe beleid meer vryheid bied om op te tree teen sulke aanvalle en sal teenaanvalle uitgevoer word.

Amerika en talle van sy bondgenote word daagliks geteister deur aanvalle wat nou deur die nasionale infrastruktuur sal toesien dat groter veiligheid opgestel sal word.

Die kuber indringers het juis ten doel om die nasionale infrastruktuur binne te dring en te ontwrig, en daarom sal die VSA vir die eerste maal ’n stewige veiligheidstelsel oprig, maar ook ’n teenaanval strategie gereed hou om sulke aanvalle teen te staan.

Onbevestigde berigte lui dat die president se strategie ook insluit om ’n groter outoriteit aan te wys om buitelandse aanvalle teen te staan.

Die VSA het die afgelope jaar beskuldiging gerig tot Sjina en Rusland oor hulle pogings om in te dring in die Amerikaanse stelsels.

Foto – President Donald Trump