VSA: Orkaan rig vloedskade aan

In Noord Carolina het die kategorië 2 orkaan reds die ergste van sy krag verloor, maar 200 000 woonhuise het hulle kragtoevoer verloor en in sommige gebiede is kraanwater ook afgesny,

Stormsterk wind van tot 180 kilometer per uur waai en stortreën daarmee saam, maak dit onbewoonbaar en verkeer diegene wat nie wou vlug nie, in vrees omdat niemand weet wanneer die klimaat weer na normaal terugkeer nie.

Hoë golwe aan die kus veroorsaak ernstige gevaar by naby geleë woonhuise en sal gedurende die volgende vyf dae ook die binneland tref.

Sondag het die orkaan verder verswak na kategorie een maar die swaar reën neerslae veroorsaak vloedskade en die stormwinde ontwortel groot bome terwyl reddingswerkers moeite het om mense te verwyder uit die laerliggende gebiede.

’n Woordvoerder sê die binneland het reeds talle mense met beserings in hospitale laat beland, maar geen amptelike berig is ontvang dat mense omgekom het nie.

Die stortreën het egter groot skade veroorsaak, en tot Sondag oggend is meer as 1 000 millimeter gemeet en die moontlikheid van nog reën hang steeds oor die gebied.