VSA onttrek fondse vir Pakistan

Die Pentagon in Amerika het aangekondig dat hy nie langer die optrede van Pakistan kan verdra terwyl hulle steun verleen aan terroristiese groepe nie.

Die feit dat Pakistan nie oor die wil beskik om aksie te neem teen terreur groepe nie, het Amerika laat besluit om sy finansiële hulp te stop.

Dit volg nadat hoë profiel samesprekings en ’n ondersoek in Pakistan afgehandel is en bevind is dat die VSA in sulke omstandighede nie verdere hulp kan verleen nie.

Die VSA het die afgelope naweek bevestig dat hy die sogenaamde Koalisie Ondersteuning Fonds aan Pakistan kanselleer weens die land se onwilligheid om teen plaaslike militante groepe op te tree.

Die kansellasie van die $300 miljoen pakket is ’n harde slag vir Pakistan, wat veronderstel is om die fondse aan te wend vir die bestryding van terrorisme en was reeds aan die begin van die jaar gewaarsku om doelgerig op te tree teen terreurgroepe in die land.