VSA kan militêre basis in Pole vestig

Die Amerikaanse president, Donald Trump, sê hy gee ernstige oorweging aan Pole se aanbod dat ’n permanente VSA militêre basis aldaar gevestig word.

Alhoewel dit veel groter gemoedsrus in Pole kan meebring, sal ’n Amerikaanse basis in Pole die spanning tussen Navo en Rusland verder verhoog.

Die Amerikaanse regering het tydens die Poolse president, Andrzej Duda, se besoek aan Washington gesê sy regering sal ernstig aandag gee aan die moontlikheid.

Die Poolse president het tydens die media onderhoud gesê Pole sal die nuwe Amerikaanse basis “Fort Trump” doop om hul gesindheid teenoor Amerika te betoon.

Die Poolse minister van verdediging het aangebied om $2 miljard beskikbaar t stel vir die vestiging van ’n Amerikaanse basis,

Tans is daar sowat 3 000 Amerikaanse soldate in Pole gevestig as deel van die VSA se bydrae tot Navo se magte in Europa.