VSA en Sjina steeds in stryd gewikkel

Washington se besluit om nog strenger invoerheffings in te stel op Sjinese goedere het die kommunistiese regering gedwing om sy wapen arsenaal uit te brei met Russies vervaardigde toerusting.

Met die naderbeweeg van Sjina aan Rusland is die beskuldiging gemaak dat Amerika met sy handelsoorlog poog om Sjina ekonomies te kelder.

Daar was nog nooit ’n sterk band tussen Sjina en Rusland nie, maar die druk wat beide lande tans ervaar weens die sterk optrede van die VSA, het hulle genoop om nader aan mekaar te beweeg.

’n Woordvoerder van die Sjinese minister van buitelandse sake sê die Amerikaners is versoek om hulle foute reg te stel, anders sal hulle die gevolge van hulle verkeerde optrede moet aanvaar.

Rusland is die wêreld se tweede grootste uitvoerder van oorlog toerusting, en Sjina het die grootste militêre oefening wat Rusland nog ooit gehou het, bygewoon om ook sy aankope met ingeligte besluite te doen.

Rusland beweer ook dat die sanksies teen hom hoofsaaklik daarop ingestel is om sy ontwikkeling van wapentuig te vertraag sodat die VSA sake kan doen met ander lande.

Intussen het die VSA die Sjinese Toerusting Ontwikkeling Departement en sy direkteur bygevoeg tot die swartlys asook 33 Russiese intelligensie en verdedigingsbeamptes, as deel van die sanksie veldtog.