VSA en Kanada samesprekings misluk

Die eerste samesprekings tussen Amerika en Kanada om ’n handelsooreenkoms te kry, het op ’n mislukking uitgeloop en sal klaarblyklik weer hervat word later vanjaar.

Die samesprekings volg nadat die VSA en Meksiko reds ’n ooreenkoms bereik het, en die Amerikaanse onderhandelaars het gehoop dat Kanada daarby sou inval.

Klaarblyklik het die Kanadese afvaardiging na die onderhandelings gevra dat die gesprek beëindig word nadat President Donald Trump glo opmerkings gemaak het wat onaanvaarbaar is vir die Kanadese.

Die drie lande wat voorheen in die Noord-Amerikaanse Vrye Handel Ooreenkoms (Nafta) was, het uitmekaar gespat toe president Trump beswaar gemaak het dat die VSA benadeel word en derhalwe onttrek het.

In die afgelope week is hoë profiel sakemanne en regeringslui in gesprek met mekaar in Washington, maar kon nie tot ’n vergelyk kom nie weens die besware van Kanada oor Trump se aanmerkings.

Kanada is gretig om weer ’n handelsooreenkoms te bereik, en sal waarskynlik ’n opvolg gesprek wil hou met die verwagting dat President Trump nie weer opmerkings sal maak nie.

Die twee lande kan ook nie te lank wag voor samesprekings hervat word nie aangesien die invoerheffings van Amerika binne 89 dae in werking tree.

Die Kanadese afvaardiging vir die samesprekings was gelei deur die Minister van Buitelandse Sake, Chrystia Freeland.

Die Amerikaanse president het later gedreig dat hy Kanada sal uitsluit van ’n handelsooreenkoms wat tradisioneel tussen Kanada, Meksiko en die VSA van krag was.

Foto – Minister Chrystia Freeland