Vosloorus hospitaal gesluit

Die Neonatale eenheid asook die kraam eenheid van die Vosloorus hospitaal is gesluit na die uitbreek van Klebsiella, wat reeds die dood van ses babas tot gevolg gehad het.

Die reeds oorvol hospitale in Gauteng sal nou verdere druk moet hanteer met pasiënte wat na hulle verwys word. Nou word daar gesê dat Gauteng meer hospitale nodig het met ‘n 132% bed besetting.

Die staat kan die huidige gesondheidstoestand nie hanteer nie, en al hoe meer twyfel ontstaan of hulle die nuwe gesondheidswet sal kan deurvoer of afdwing.

Volgens Aaron Motsoaledi, minister van gesondheid, is die toestroming van uitlanders deels verantwoordelik vir oorvol hospitale.