Volkswagen staak Kewer produksie

Die Duitse motorvervaardiger Volkswagen het bekendgemaak dat die vervaardiging van sy Kewer model finaal gestop gaan word.

Die Kewer wat steeds in Meksiko vervaardig word, sal sy laaste motor in Julie volgende jaar van die vervaardigers band laat rol.

’n Woordvoerder het gesê die Kewer se aanvraag verminder omdat mense eerder na ’n meer sportiewe motor vra, waarvan Volkswagen verskeie modelle beskikbaar het.

Die Volkswagen het in die vorige eeu sy verskyning gemaak en het oor baie dekades een van die wêreld se bekendste motors geword waaraan baie legendes gekoppel is.

Die Duitsers het intussen die Kewer “opgradeer” na ’n meer moderne weergawe, maar het heel gou getoon dat hy nie die ou Kewer kon nadoen nie.

Volkswagen het nog geen planne bekendgemaak oor die moontlike vervanging van die legendariese motortjie wat miljoene mense gefassineer het weens sy besondere stewige konstruksie en uiterste betroubaarheid.