VN plan om toename in TB te keer

Talle lidlande van die Verenigde Nasies het hulle gereed verklaar om miljarde dollar beskikbaar te stel om die toenemende gevaar van tuberkulose te bestry.

Die onderneming kom egter nadat die Amerikaanse voorstel van die hand gewys is wat glo daarop ingestel is om farmaseutiese maatskappye te beskerm.

Die gereedmaking van ’n eerste vergadering waar tuberkulose die tema is  in die VN se Algemene Vergadering, het Vrydag plaasgevind en is vordering gemaak in die opstel van ’n gesamentlike verklaring om die VSA se voorstel oor generiese middels uit te knikker.

Die konsep voorstel is deur die VSA teengestaan, maar Suid-Afrika, wat ’n enorme tuberkulose probleem het, was die eerste land om die VSA voorstel teen te staan.

Die VN lidlande se doel is om die tuberkulose te bestry om teen 2030 die epidemie afgeweer te kry, maar kenners sê dit sal in praktyk onmoontlik wees aangesien talle lande nie hulle finansiële bydraes tot die projek sal nakom nie.

Die VN beoog om met sowat $13 miljard per jaar vir die volgende 12 jaar, die mikpunt te bereik om tuberkulose sodanig te verminder dat dit nie meer as ’n uiterste gevaar beskou sal word nie.

Waarnemers sê die VN se steun om generiese middels te gebruik teen tuberkulose en die HIV virus, sal wel daartoe lei dat meer mense bereik kan word, maar os dit die beoogde resultaat gaan bereik sal afhang of die lidlande se finansiële bydrae wel in ooreenstemming met hulle beloftes sal wees, word egter betwyfel.