Turkye arresteer sy eie soldate

Die senior vervolger in Turkye het gelas dat sowat 100 Turkse soldate, waarvan talle senior poste beklee, in hegtenis geneem moet word.

Dit volg kort nadat sowat 15 000 soldate en polisie offisiere afgedank is gedurende die noodtoestand wat gevolg het op die mislukte staatsgreep.

Die arrestasie van die 100 soldate word glo geregverdig omdat hulle skakeling het met die Fethullah Gulen, wat verbind word met die mislukte staatsgreep as sogenaamde ondersteuners.

Die Turkse president het na die staatsgreep met ’n heksejag begin en duisende staatsamptenare, regslui, dosente, polisie- en weermaglede gearresteer waarvan menige steeds in tronke aangehou word.

President Recep Tayyip Erdogan het intussen gesorg dat hy beklee word met veel groter mag, en waarnemers sê dit is gedoen om elke denkbare teenstanders uit te skakel sodat hy onbepaald sal regeer.

Vroeër is 110 000 werkers in die openbare sektor afgedank en is die land vir ’n geruime tyd lamgelê op vele terreine weens ’n ernstige tekort aan kundigheid.