Trump plaas druk op FBI

“As hulle nie begin om deeglike werk te lewer nie, sal ek direk betrokke raak”, sê die Amerikaanse president, Donald Trump, aan toehoorders tydens sy toespraak die afgelope naweek.

Die president het verwys na die Amerikaanse Departement van Justisie en die FBI toe hy ’n skare ondersteuners toegespreek het in Indiana.

Waarnemers meen dat die president wel nie enige name genoem het nie, maar verwys waarskynlik na die voormalige FBI direkteur, Robert Mueller, wat ondersoek doen na die beweerde Russiese inmenging in die afgelope presidentsverkiesing.

Die president is bekend daarvoor dat hy sy dreigemente uitvoer, en het reeds verskeie kere opgetree teen die FBI en sy hoofde.