Trein bende slaan toe

Een persoon is dood en agt beseer toe gewapende bendes pendelaars op ‘n Kaapse trein aangeval het en hulle beroof het van hul besittings.

Van die pendelaars is uit die trein gegooi en ernstig beseer.

Prasa is “geskok” oor die gebeure, maar steeds meer geweld en vandalisme kom veral op Kaapse treine voor sonder dat dit lyk of daar enige vordering is om dit aan te spreek.