Toeriste gewaarsku teen SA

Reisigers na Suid Afrika is gewaarsku om “uiters versigtig” te wees as hulle die land besoek, weens die misdaad, burgerlike onrus en droogte.

Die waarskuwing is deur regerings van Engeland, Kanada en die Verenigde State uitgereik.

Nadat die misdaad syfers deur SAPD bekend gemaak is, is dit nie vreemd dat toeriste gewaarsku moet word rondom die nuwe SA as misdaad Mekka van die wêreld nie.