TLU SA hou kongres

TLU SA se algemene jaarkongres vind vandag en more in Pretoria plaas.

Aangesien die ANC staatshoof so daarvan hou om op strate rond te loop en met mense te gesels, is hy ook genooi om TLU SA se kongres by te woon. Behalwe vir ‘n ontvangserkenning van sy kantoor, het Ramaphosa nie eens die moeite gedoen om ‘n antwoord te verskaf nie.

Die tema van die kongres is “Dag Zero vir kos op die tafel”, en daar sal besprekings wees oor hoe landbou behoort vorentoe te gaan op ‘n ekonomiese basis.

TLU SA spog daarmee dat hy die laaste tyd ‘n hele aantal nuwe lede ingeskryf het, en die verwagting is dat vanjaar se kongres nog beter bygewoon gaan word as die reeds uitstekende bywoning  verlede jaar, toe dié unie sy 120ste verjaardag gevier het.