Tifoon laat spoor van verwoesting

Tifoon Mangkhut  het nie net verwoesting gesaai in die Filippyne nie, maar het op sy tog groot skade aangerig in die suidelike dele van Sjina nadat dit ook ’n spoor van verwoesting gelaat het in Hong Kong.

Swaar reën en wind teen die spoed van 130 kilometer per uur het Maandag oor Hong Kong gewoed en talle mense het omgekom terwyl honderde in hospitale opgeneem moes word.

Grondverskuiwings wens die swaar reën het die dood van baie mense in die Filippyne veroorsaak en verskeie gevalle van verdrinking is aangemeld.

Die tifoon het meer as 2,5 miljoen mense in die suidelike dele van Sjina genoop om uit te wyk

Die Sjinese weerburo sê tot 160 mm reën is Maandag gemeet in die provinsie wat die digste bevolking het, terwyl die naweek ook baie reën in die gebied geval het.

Die stormwind wat tot 170 km per uur gewoed het, het skade aan honderde woonhuise en ander geboue veroorsaak terwyl elektriese toevoer en kraanwater in groot gebied afgesny is.